Wereld Vigsdag saam met Mandla Mandela – Mvezo

Mandla Mandela, Nelson Mandela se kleinseun is onlangs aangestel as die leier van die “Traditional Council of Mvezo”. Gevolglik staan hy nou bekend as Chief Mandla Mandela. Deur een van die maatskappye waarby ons betrokke is, het hy ons gevra om die hoofmanne en gemeenskapsleiers te gaan oplei op 1 Desember gedurende hul Mvezo World Aids Day Celebrations.

Daar was groot uitdagings gewees tydens hierdie geleentheid, maar die Here het weereens alles ten goede laat uitwerk. Ons het die HIV pamflet ook in Xhosa laat vertaal en ons besef weereens die waarde hiervan vir ons land se taalgroepe.

Veertig (40) hoofmanne, jeugleiers en ander gemeenskapsleiers is opgelei in die gebruik van die HIV/AIDS Cube.

Die 4×4 het hier hard gewerk aangesien ons ‘n kragopwekker na die geleentheid gesleep het en ons dikwels in “low range” moes ry a.g.v die pad toestande in die diep landelike nedersetting.

Ons het ‘n goeie gesprek met Mandla asook ‘n pastoor uit Umtata gehad en veral die pastoor stel baie belang dat ons EvangeCube opleiding kom doen.

Ter wille van lang termyn gebruik van die HIV blokkie en om ook die Evangecube opleiding te gaan doen, voorsien ons dat ons in 2009 weer sal terugkeer na Umtata.

 

Leave a Reply

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com