Jeug opleiding in MIV – voorbereiding vir Sokker uitreike

Brakpan Tuisversorgers – WEC (Worldwide Evangelism for Christ) Suid Afrika het Building Hope Foundation versoek om beide HIV en “Poppie” (Valuable for Jesus) opleiding  by hul opleidingsterrein in Brakpan te kom doen.  ‘n Verskeidenheid mense het die opleiding bygewoon wat predikante, tieners, ouers en verskeie tuis versorgers (Home Based Care Workers) wat betrokke is by beide evangelisasie en HIV werk.  Die opleiding was ook gemik op uitreike in die Oos Rand tydens die sokker.

Elzaan het die opleiding aangebied en die opleiding is baie goed ontvang.  Dit was interessant om die tiener seuns se belangstelling en reaksie te sien.

24 Cubes is tussen groepe gedeel wat van dieselfde kerk of bediening afkomstig was. Die aanbieding het heelwat vrae uitgelok, veral rakende mites en veelvuldige verhoudinge.  Die werkswinkel wat op 10 Julie plaasgevind het, is deur 60 mense bygewoon.

Leave a Reply

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com