Shiselweni Home Based Care – Tuisversorger opleiding in MIV

Ons ken Dr Arnau van Wyngaardt al ‘n geruime tyd.  Tydens vorige gesprekke het ons al die moontlike samewerking met hom bespreek.  Hannes en Elzaan is in November 2010 deur Agri-Aids genooi om opleiding aan plaaswerkers in die Piet Retief area te gee en ons het die geleentheid gesien om dit te kombineer met opleiding in Swaziland.

Strategiese samewerking

Die opleiding was ook van strategiese aard omdat ons die verskeie partye aan beide kante van die grens aan mekaar kon voorstel om moontlikhede van oorgrens samewerking te ondersoek aangesien van die plaaswerkers vanuit Swaziland kom om ook op plase in die Piet Retief omgewing te kom werk.

Die teikengroep van die opleiding was die Tuisversorgers van die Shiselweni Home Based Care Trust wat in Dwaleni omgewing werksaam is. Hulle besoek nie net HIV pasiënte nie maar ook andere wat siek is.  In hierdie streek is daar nie toegang tot Anti-Retrovirale middels of ander basiese mediese dienste nie.  Die hoop vir siek mense lê in die besoek van tuisversorgers.

Tuisversorgers bring hoop

30 Tuisversorgers is opgelei en is versien van blokkies en ook Zoeloe pamflette by.  Hulle verteenwoordig 30 groepe wat dan die inligting aan die ander gaan oordra en die blokkies binne die 30 groepe gaan sirkuleer.  Die totale aantal tuisversorgers is ongeveer 800.

Die blokkies is baie goed ontvang omdat dit die geleentheid bied om taalgrense oor te steek met die gebruik van prente.  Ons het gebruik gemaak van rolspel en die ontvangers moes ook aanbiedings aan die groep doen oor die blokkie.

Hannes was die primêre opleier en hy is bygestaan deur Veronika Gloeck en Elzaan de Villiers.

Leave a Reply

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com