HIV bewusmaking by Ennis Thabong

Ons was baie bevoorreg om saam met UNISA se Departement Afrikaans en Letterkunde Teorie, aan die graad 6-7’s van Ennis Thabong Primary School, ‘n algehele gesondheidsdag aan te bied. Op Vrydag, 13 September, het ons vir die kinders meer vertel oor MIV, spesifiek met verwysing na CD4 en hoe die MI Virus die CD4 selle in ons liggaam beïnvloed.

Ons was nogal verras oor die kinders se goeie kennis oor sekere onderwerpe en onkunde oor ander onderwerpe. “Yes” en “No” was dikwels saam gehoor, as ons vrae gevra het. Dit het vrae soos of jy nog kan sokker speel as jy MIV positief is en of hulle van groente hou… ;-D

Elzaan het die 30minute bewusmakingsessie aangebied en die kinders se aandag was baie goed. Die kinders kon hierna goed antwoord wat die virus se effek op hul immuniteit is, hoe belangrik dit is om jou status te weet, wat jy kan doen om jouself en jou immuniteit te beskerm en wat hul vir ander kan doen.

Een van die onderwysers het vertel hoe bly hulle was dat ons oor MIV kom praat het, omdat ‘n moeilike onderwerp in hul curriculum is om aan te bied.

Dankie

Baie dankie aan Lezandra Thiart van UNISA wat ons uitgenooi het. Sy is ook deel van Mission4HIV, ‘n bedieningsgroep by Lynnwoodrif gemeente.

Leave a Reply

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com