Preek in Pitsi straat – HIV

Hannes is genooi om in Februarie as gasspreker op te tree by die Jesus Life Community Church diens in Mamelodi.

Pst. Steven Kgaswane het Hannes gevra om spesifiek te preek oor MIV en wat die Here van ons vra.  Die gemeente was verbaas oor die inligting wat hy gedeel het en die inligting asook toepassing uit die Bybel daaroor is baie goed ontvang.

Die luidsprekers was besonders hard en niemand kon kla dat hulle nie hoor nie. Ps. Steven se kerk is by sy huis in Pitsi straat en die kerk gebou bestaan uit ’n klompie sinkplate wat mooi afgewerk is met lap.

Die hele besoek en hul gasvryheid was ’n baie spesiale ervaring en ons was bevoorreg om sy gemeente te kon bedien rondom hierdie onderwerp.

Leave a Reply

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com