Tref die Teiken – Pa&Seun Dag

Wat het jy en jou seun nodig om die teiken te tref? Veiligheid is ons eerste prioriteit.

Ons het Saterdag 13 Maart 2015 geluister na Hannes de Villiers wat met ons oor hierdie tema gepraat het.  Hy het ‘n skietongeluk as voorbeeld gebruik om met ons te praat oor respek, veiligheidsgrense, MIV, my ingesteldheid teenoor ‘n vrou/meisie en dit deurgetrek na respek ook vir myself en andere.

Hannes het in samewerking met Mission4HIV ’n Pa-Seun Dag met die tema Tref die Teiken, aangebied op 13 Maart. Wat het jy en jou seun nodig
om die teiken te tref? Veiligheid is ons eerste prioriteit. Hy het ‘n skietongeluk tydens sy weermag-dae as voorbeeld gebruik om met die pa’s en seuns te praat oor respek, veiligheidsgrense, MIV, ingesteldheid teenoor ‘n vrou/meisie en dit deurgetrek na respek vir homself en andere.

Wyan Skoonwinkel van Inyathi Skietklub het die kuns van die windgeweer gedemonstreer. Hy is deel van die Protea Span wat Suid-Afrika later
vanjaar in Lithuania sal verteenwoordig. Die manne het daarna met kompetisie gewere wat Wyan se span verskaf het, geskiet. Almal was dit eens dat dit ‘n wonderlike sport is!

Die Pa-Seun en Pa-Dogter dae vorm deel van indirekte boodskappe wat fokus op gesonde verhoudings en waardes. Hierdie dae is daarop gefokus
om gesprekvoering tussen pa’s en hul kinders aan te moedig oor onderwerpe soos onthouding wat MIV infeksie kan voorkom.

Kontak Hannes de Villiers vir meer besonderhede by: 083 443 0278 of epos hom by: [sf_email]hannes@buildinghope.org.za/[/sf_email]

 

Leave a Reply

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com