“Witchcraft and Christianity are mixed here…”

’n Besoek aan Katlehong vir evangelisasie en ander opleiding

29 April 2015

Hannes de Villiers het onlangs Pastoor Monoge van Katlehong ontmoet. Terwyl hulle gesels vra hy:  “Hannes, wouldn’t you want to see where I live?”. Dieper in Katlehong ry hulle verby verbrande motorbande wat net die vorige dag nog hoog in vlamme gestaan het met ’n protes optog oor xenofobiese geweld.

Die gesprek is baie interessant en hy vertel dat die invloed van die charismatiese en Nigeriese styl van prediking so groot is dat mense dink dat as daar nie tekens en wonders tydens ’n diens is nie, het die pastoor nie “krag” nie. Afrika godsdienste word ook vermeng met Christenskap. “Witchcraft and christianity are mixed here”, vertel die pastoor. Onmin onder die christene het ook daartoe gelei datmense die kerk verlaat en minder as 20 meter verder die volgende kerk begin. So is 4 kerke in ’n ry, van minder as 100m, naby mekaar gebou.

Katlehong Kerke

Die gesprek se fokus was evangelisasie opleiding. Die pastoor was ook geinteresseerd dat Hannes MIV opleiding by die gemeente kom aanbied, omdat hulle nou ’n mannegroep het wat op Saterdag-aande bymekaarkom en praat oor sake wat mans raak. Sedert daar ook op mans gefokus word, kom  meer mans ook nou kerk toe.

Bid asseblief dat die Heilige Gees hierdie gemeenskap sal aanraak met die vrymaking van Sy woord.

Leave a Reply

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com