Bybelverspreiding by Mononong Laerskool, Mamelodi

Die Kid2Kid projek, wat Building Hope Foundation ondersteun, het Vrydag 8 Junie 2015, Bybels by die Mononong Primary School aan al die Gr 1’s tot Gr 7’s gegee saam met Leon & Rochelle Pheiffer van Kid2Kid.

Die spesifieke projek was ter ondersteuning van Transforming Kids o.l.v Wynand Coertzen en sy span wat reeds werksaam is by daardie betrokke skool. Die fondse vir die Bybels is deur kinders van Laerskool Monumentpark geskenk wat deelgeneem het aan die Kid2Kid projek.

Dit was aangrypend toe die hoof van Mononong ‘n koevert met ‘n geldjie aan Rochelle Pheiffer van Kid2Kid oorhandig om ‘n ander skool te gaan seën met ‘n soortgelyke projek. Die kinders was in ekstase oor hul eie Bybels! Vir menige gesinne is dit dikwels die enigste Bybel in daardie huishouding. Na afloop van die oggend se gebeure, het die personeel aan ons hele groep tee en versnapperings aangebied.  Hul gasvryheid het ons diep geraak.

Hiertydens het Elzaan met een van die onderwyseres hande gevat oor Wêreld Vigsdag later die jaar en sal daar eersdaags aan die projek beplan word.

 

Leave a Reply

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com