Gesondheidsdag in Mamelodi maak ’n verskil!

Op Vrydagoggend, 22 Mei 2015 het Mission4HIV, o.l.v Elzaan de Villiers ’n gesondheidsdag in samewerking met Ps. Steven Kgaswane van JLC Mamelodi en Past. Ezekiel Majoe van Spring Valley Vineyard Christian Fellowship in Mamelodi aangebied.  Hierdie vennootskap was baie waardevol vir die gemeenskap

Sanelda Putz en Christa Meyer het as vrywilligers aangemeld om te help met gesondheidsdienste en registrasie.  Spanne van Departement Gesondheid Tandheelkunde en Foundation for Professional Development se toets spanne het vrywillige MIV toetse en tandheelkundige ondersoeke uitgevoer.

Ons was aangenaam verras toe die span met aankoms, begroet is deur Heidi Smalle van Beam Africa wat juis besig was met opleiding in lewensvaardighede by dieselfde kerk waar die gesondheidsdag aangebied is.

Die oggend is geopen deur Past. Steven waarna Elzaan van Building Hope ’n lesing oor immuniteit in die lig van MIV aangebied het. Mission4HIV besef dat wintermaande ook ’n tyd is wanneer daar meer vuur gemaak word vir hitte.  Die span het derhalwe “burnshields” aangekoop en Sr. Christa het ’n lesing oor brandwonde aangebied waar sy ook die gebruik van die produk gedemonstreer het in gevalle van nood. Sy het daarna een pakkie aan elke gesin gegee, wat by haar stasie kom toets het vir bloed glukose.

Elke persoon wat aan toetse deelgeneem het, het ’n cupcake ontvang wat Lynnwoodrif se gemeentelede geskenk het.

M4HIV was baie beindruk met die inisiatiewe en professionele manier waarop Past. Ezekiel en Past. Steven die dag aangebied het.  Een spesifieke kind is geidentifiseer met ’n ernstige vel probleem waarmee Sr. Christa ’n groot verskil kon maak. Christa en Sanelda het albei opgemerk hoe vervullend die oggend se deelname vir hulle was.  Christa is ook genooi om weer met Past. Steven se gemeente te kom praat oor brandwonde.

Baie baie dankie aan elkeen wat ’n bydrae gelewer het tot die dag.  Baie dankie ook aan gemeentelede wat Mission4HIV ondersteun waarmee ons ’n verskil in gemeenskappe kan gaan maak.

Leave a Reply

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com