Studie loop uit op konferensie

Building Hope Foundation en Shiselweni Home Based Care in samewerking met Getuienisbediening van Lynnwoodrif gemeente het ’n konferensie oor kort-termyn uitreike by Lynnwoodrif gemeente op 18 September 2015 aangebied.

Gedurende die missiologie studies by SATS, het Hannes die behoefte ervaar om die resultate van die studies met ’n breër gemeenskap te deel wat daarby kan baat. Tydens die navorsing, was daar verskeie versoeke van die deelnemers aan die studie om die resultate beskikbaar te maak na afloop van die studies. Die afgelope paar maande, het Arnau van Wyngaard, ’n goeie vriend wat Shiselweni Home Based Care lei in Swaziland, deelgeneem aan verskeie gesprekke oor kort-termyn uitreike op sosiale media en het ook die behoefte ervaar om ’n konferensie oor die onderwerp aan te pak.

Die interaktiewe konferensie sal die vorm van paneel besprekings inneem tussen sending kerke/organisasies, spanne, gashere (sendelinge) en donateurs van kort termyn spanne. Die doel van die konferensie is om:

  • huidige tendense in kort termyn uitreike te identifiseer,
  • aspekte te ontleed wat die gaping tussen positiewe en negatiewe ervarings kan oorbrug en,
  • ’n riglyn daar te stel op ’n web-gebasseerde platvorm wat Suid-Afrikaans gebasseerde kort termyn uitreik kan ondersteun.

Daar is soveel interessante en unieke benaderings wat ’n impak het op die effektiwiteit van kort termyn uitreike, dat dit nie anders kan, as dat dit gedeel moet word met ’n groter gehoor nie.

Ons is baie opgewonde dat Mission4x4 sowel as ’n ander potensiele donateur, by gaan dra dat ’n groot deel van die kostes van die konferensie gedek sal wees en ons dalk die konferensie vir ’n minimum fooi of moontlik gratis kan aanbied.

Ons glo die konferensie sal ’n positiewe invloed op die persepsies wat tans oor kort termyn uitreike bestaan, hê.

 

1 thought on “Studie loop uit op konferensie

Leave a Reply

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com