Preek in Bosbokrand in 40 Grade!

In Maart 2016 het Hannes die voorreg gehad om in Bosbokrand by Past. Jonny Ndlovu se kerk in Kildare te preek.  Ons span van 7, die De Villiers gesin asook die Wessels gesin het reeds vroeg uit Witrivier die 2ure reis aangepak na Kildare toe.  Kildare is reg langs die Kruger Wildtuin en die omgewing is pragtig.  Armoede en werkloosheid is kenmerkend en sigbaar aan die omgewingalhoewel almal in huise woon.

Die preek se hoof fokus was “respek”.  Die kerk was stampvol gepak en al die beskikbare stoele was opgeneem deur families wat saamgesit het. Die kerkdiens het ongeveer 10:00 begin en 12:00 klaar gemaak.  Tydens die diens het Uzaan Wessels, ‘n teologie student, en Suzaan, ons dogter, die kinders na buite in die veld geneem waar ‘n aparte kinder evangelisasieprogram aan hulle gebied is.   Dit is dan die gebruik van die gemeente om te bid vir siekes en mense wat hulp nodig het.   Elzaan het vir verskeie siekes gebid, maar nie die geleentheid gehad om die persone op te volg nie.

Die humiditeit was besonders hoog en alhoewel dit ook ontsettend warm in die kerk gebou was, word dit van die predikant verwag om met ‘n das en baadjie te preek.  Jonny se kerk is nog in wording en het nie glasruite in die vensters nie asook nie ‘n plafon of isolasie nie.  Altwee predikers was sopnat gesweet.

Na afloop van die diens, nadat almal huis toe is, het ons span agtergebly om met Jonny te vergader oor verskeie aspekte van sy bediening en toekomstige bedieningsaktiwiteite te beplan.

 

Leave a Reply

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com