Behoeftebepaling en Leef Respek in Bosbokrand

Op 1 Junie het Hannes saam met Annelize Meyer en Johan Putz van NG Gemeente Lynnwoodrif, Pastoor Jonny Ndlovu van Bosbokrand besoek.  Ek en Hannes was al verskeie kere daar, maar hierdie besoek was om ‘n behoefte-beplaing te doen en om gesprekke te voer met Jonny oor toekomstige opleiding.

Jonny het gevra dat Hannes die Leef Respek materiaal gaan aanbied vir ‘n groep pastore en onderwysers in die omgewing.  Sodra die materiaal gefinaliseer is, sal Hannes vir ‘n langer by die gemeenskap gaan besoek afle om die opleiding aan te bied.  Deel een van die opleiding is klaar geskryf en hy is besig met die volgende gedeelte van 7 dele.

Jonny is ‘n pionier in sy gemeenskap en deur waardes in sy gemeenskap in te bou bemagtig dit die gemeenskap om positiewe lewensbesluite te neem.

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com